Title

SKU: 803106.

WILDSVLEISGEREGTE & KAMPVUURDISSE 2

R250.00

Leone het die eerste druk van ‘Wildsvleisgeregte en Kampvuurdisse’ in 1985 die lig laat sien. Wat ’n sukses was dit nie! Op daardie stadium enig in sy soort. Die Koffietafelboek het amper soos ’n kombuis Bybel in elke plaaskombuis geword. Jagters het dit oppad jagveld toe saam met hulle gewere ingepak! Twintigduisend eksemplare is binne 2 jaar uitverkoop. Na verskeie versoeke, het Leone besluit om nou weer in 2008 ’n nuwe, meer gebruikersvriendelike en moderne boek uit te bring. Die boek sal jou help om kos vining en lekker voor te berei, nie net in die kombuis nie, maar ook om die kampvuur. Ma en seun het ingespring en begin om hierdie uitgawe aanmekaar te sit. Hulp van vriende, wat net so mal soos ons oor kook is, het tot hierdie uitstekende boek bygedra. Daar is weer gekook en geproe, gejag en gebraai om elke resep perfek te kry. Die eindresultaat in jou hand is die bewys daarvan. Hierdie keer word die boek in Afrikaans en Engels gepubliseer.

– Hardeband
– Lamineerde blaaie
– Beskikbaar in Afrikaan en Engels
– 236 Resepte
Sluit in:
– Wenke vir die skiet van WIld
– Wenke in verband met wildvleis
– Opsny, verwerking en gebruik van ‘n wilskarkas
– Omsettingstabelle
– Metriseringstabel
– Slaankrag van gewilde geweerkalibers